Daar is min boeke in die Bybel so aangrypend soos die Psalms. Kinders kan nou op ’n wonderlike reis van 101 dae deur die Psalms vertrek met Johan en Helena Smith se nuwe dagboek oor hierdie spesiale Bybelboek.
101 DAGSTUKKE VIR LAERSKOLERS is spesifiek op kinders gemik en bestaan uit ’n Skrifgedeelte uit DIE BOODSKAP, ’n oordenking, inspirerende aanhaling en ’n gebed vir elke dag. ’n Wye verskeidenheid temas lei kinders in hul daaglikse wandel: Kies jou vriende reg, lof aan God, God is altyd daar om jou te help, hoop, vergifnis, dankbaarheid, vind jou vreugde in God en tel jou woorde. Aan die einde van die boek is daar ook plek vir die kind om sy of haar eie lofpsalm te skryf.
Elke kind sal hierdie dagboek geniet en kan weet dat die Here hulle spesiaal liefhet.